Alhoewel die Afrikaanse stories ook op ander e-boekplatforms beskikbaar is, besef ek dat baie Afrikaanse lesers in Suid-Afrika verkies om nie op hierdie platforms te registreer nie. Hierdie reëling geld dus slegs vir Suid-Afrikaanse lesers en slegs vir Afrikaanse stories.
Indien u een van die Afrikaanse stories wil lees maar nie by ’n e-boekplatform wil aansluit nie, is u welkom om vir my ’n boodskap te stuur. Ek sal dan graag ’n PDF-weergawe van die betrokke storie sonder enige koste per e-pos aan u stuur.
Om ’n boodskap te stuur, kies die "Contact Us"-opsie, voltooi die vorm en meld die naam van die storie wat u graag wil lees. Daarna kan u die boodskap stuur.